skip to content

Akademie lei jonges op

TOP-SKOLERUGBYSPELERS in die Noord-Kaap, wat voorheen dikwels na skool vir rugby verlore geraak het, kan nou danksy 'n nuwe rugby akademie vir die streek behoue bly. Die Bloemfontein-rugby akademie word juis gestig om 'n breër basis van spelers te ontwikkel wat later as voedingsbron vir die hele sentrale streek kan dien.

Dit word in samewerking met Vrystaat-Rugby gedoen. "Almal weet die Vrystaat, Griekwas en Griffons lewer jaarliks van die beste skole-rugbyspelers in die land op, maar indien die spelers nie 'n Cravenweekspan haal nie, verdwyn hulle waarskynlik vir goed uit rugby," se Chris Kasselman, een van die bestuurslede van die akademie. "Ons wll aan jong rugbyspelers die geleentheid bied om raakgesien te word en hulle aan die eise van professionele rugby blootstelling te gee."

Die akademie wil die junior klubliga in Bloemfontein versterk om spelers blootstelling daaraan te gee om teen die jong spelers van die Universitelt van die Vrystaat (UV) en die Sentrale UnlversItell van Tegnologie (SUT), Vrystaat, te speel. "Ons het reeds al dle betrokkenes se
goedkeuring en is veral dankbaar teenoor Vrystaat-Rugby vir sy ondersteuning."

Christo Rothman en Johan Paulsen is ook deel van die akadernie se bestuurspan. Onderhandinge is met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aan die gang, asook met met Tiaan Liebenberg, Braam van Straten en Jacques Juries om die afrigtingspan te versterk. Die akademie het toegang tot byna al die afrigters in Bloemfontein op 'n konsultasie-grondslag," sê Chris. "Grey-kollege het sy geriewe en afrigters aan ons beskikbaar gestel. Ons glo die spesiale kennis waaroor al die afrigters beskik, sal 'n groot bydraende faktor tot die akademie se sukses wees."

Alle jong rugbyspelers wat bereid is om hard te werk en 'n rugbyloopbaan wil volg, kan by die akadernie aansoek doen. "Ons leuse is The Pathway to Professional Rugby en ons glo talent sonder harde werk is nie veel werd nie." Daar word beoog om die akademie in Januarie 2015 te open en met 60 innames te begin. Meer inligting is op die webtuiste by www.bloemrugby.co.za beskikbaar.  Borge word genader om sodoende die koste vir spelers te probeer verminder.

View All News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers